User
Write something
Pinned
Welcome to Skool Community (Afrikaans)
Hierdie is 'n Afrikaanse gemeenskap vir Afrikaners. Regoor die wêreld. Maak dit lekker. Wees lekker Hier deel ons bietjie wat ons dink, doen, voel en wil doen met vrymoedigheid. Onthou reel nommer 1. Rule #1 WEES NET LEKKER Rule #2 Don't be a 📦 Rule #3 herhaal reel 1 en 2 As jy wil praat oor jag, musiek, brandewyn en braai is jy welkom. Neem net kennis - jy mag dalk verwyder raak as jy TE lekker raak (if you know what I mean). Soos julle kan sien is Engels nie verbode op die groep nie, solank dit nie konstant gebruik word nie. WAT OM HEEL EERSTE TE DOEN: 1) STEL JOUSELF BEKEND OP DIE GROEP ASB (dis net mooi maniere) 2) Sê bietjie waar jy vandaan kom 3) Sê bietjie wat is jou gunsteling Afrikaanse woord 4) Sê bietjie wat is jou gunsteling Afrikaanse herhinnering (is die woord reg gespel? O gits) 5) Moet asb nie baklei nie maar as jy dit sou waag - wie is jou gunsteling Afrikaanse sanger 🙂 Op julle merke Gereed 🔫☄️
Welcome to Skool Community (Afrikaans)
Afrikanerskap, Gemeenskap & Nostalgie 🇿🇦
Ek kyk nog so bietjie rond na ander gemeenskappe en kry hier en daar inspirasie wat ek moontlik later in my eie Skool-gemeenskappe kan gebruik. Ek sien Skool steeds as ’n platform waar ’n mens geld kan genereer. Maar nietemin glo ek dat gemeenskap, konneksie en menswees eintlik die belangrikste bly. Dis juis iets wat ons as Afrikaners mooi onder mekaar kan kweek — om soms ’n bietjie van die “geld maak” te vergeet en net lekker te gesels, ’n ou staaltjie te vertel, terug te dink aan goeie tye, of saam te lag oor nostalgiese herinneringe. Voel gerus vry om sulke stories hier te deel 😄Ek sal van my kant af ook probeer bydra.
1
0
Afrikanerskap, Gemeenskap & Nostalgie 🇿🇦
Baie welkom!
Welkom aan @Linda Pienaar! Ons 11de lid in die gemeenskap! Die gemeenskap groei lekker en ons gaan met tyd al hoe meer vir ons lede begin aanbied. Ons is nog baie jonk, en ons aanvanklike doel is maar net om te kyk of ons meer as 44 lede kan kry 😄 (net ’n grappie natuurlik), maar ons kom daar! Ek geniet dit wanneer nuwe lede hulself voorstel en wanneer almal lekker deelneem aan gesprekke in die groep. Dit gebeur nog nie baie nie, bloot omdat ons nog relatief klein is. Alhoewel… as 11 goeie vriende almal saam op een WhatsApp-groep kan wees en dit kan gons, dan glo ek ons kan ook 😄 Nietemin — maak jouself tuis en vertel ons gerus ’n bietjie meer van jouself. Waar kom jy vandaan, en wat is jou stokperdjies?
2
0
Baie welkom!
Welkom!
Welkom @Jacques Mostert ! Hierdie gemeenskap kom al hoe nader aan daai 44 😄 Ek het dit gestig as 'n eksperiment. Stel jouself gerus voor.
1
0
Welkom!
Vraag
Ek dink nou so bietjie hardop vanmôre. Wie sou belang stel: My ander gemeenskap, "Skool of Success", gaan basies oor hoe ek ander mans wil help met finansiele vryheid gebasseer op Bybelse beginsels. Ek weet hierdie groepie is baie klein en universeel vir Afrikaners en ander taalsprekendes ook wat wil leer. Het net gedink ek vat 'n kans en hoor wat julle dink as ek dalk dit wat ek in die ander gemeenskap doen ook stadig maar seker hier sal wil implementeer? M.a.w ek sal dan, in Afrikaans, met almal op die groep die volgende deel: FINANSIËLE VRYHEID GEBASSEER OP BYBELSE BEGINSELS. Ons gaan teoreties en moontlik prakties deur die beginsels werk.
Poll
2 members have voted
1-15 of 15
powered by
Skool Community (Afrikaans)
skool.com/skool-afrikaans-5688
Kom ons kyk of ons meer as 44 is 👀
Build your own community
Bring people together around your passion and get paid.
Powered by