Gisteraand se eerste Ontmoet & Groet-sessie was uitstekend! Baie dankie vir die lekker gesprek, @Henriëtte Joubert . Ek het dit opreg geniet. Ek glo hierdie gemeenskap het groot potensiaal om oor tyd mooi te groei. Dit kan 'n wonderlike plek word waar Afrikaners op Skool mekaar leer ken, idees uitruil, mekaar ondersteun en sommer net lekker gesels. Al bly dit vir eers net 'n klein ondersteuningsgroep, of ontwikkel dit later in iets groter – ek dink ons is op 'n goeie pad. Een ding wat my tot dusver op Skool opgeval het, is dat die gemeenskappe wat die meeste uitstaan, dié is met uitstekende gemeenskapsbestuurders en gashere. Ek moet erken, ek het so 'n bietjie die bal laat val op daardie gebied en wil graag daarin verbeter. Dis egter nie altyd maklik om twee gemeenskappe alleen te bestuur, aktief in ander gemeenskappe te wees, voltyds te werk, tyd vir my gesin te maak en al die ander honderd dinge ook te probeer doen nie. Dit is juis waaroor Henriëtte en ek gisteraand gesels het. Ek is op soek na iemand wat saam met my as gemeenskapsbestuurder én gemeenskapsvennoot wil help bou. Indien ons sou besluit om die gemeenskap eendag te monetiseer, is my plan dat so 'n vennoot gelyk in die wins sal deel. As jy dink dit is iets waarvoor jy 'n passie het, stuur gerus vir my 'n boodskap. Ek hoor graag van jou. Vriendelike groete aan almal! 🇿🇦