Ek is lief vir my taal, en ek is lief vir my land. Daarom sal ek ongelooflik graag hierdie gemeenskap wil sien groei.
'n Gemeenskap waar ons met trots Afrikaans kan praat in 'n wêreld waar Engels die oorhand het.
'n Gemeenskap waar net óns regtig verstaan wat dit beteken om op 'n Saterdagmiddag hout aan die brand te steek voor 'n Bok-wedstryd.
'n Gemeenskap waar ons mekaar ondersteun, vir mekaar omgee en mekaar aanspreeklik hou om beter mense te word.
Hierdie is my tweede gemeenskap, naas Skool of Success, en ek wil eerlik met julle wees.
My volle fokus is tans daarop om Skool of Success op 'n stewige fondament te bou. Indien daardie gemeenskap teen September nog nie die rigting en momentum gekry het waarna ek mik nie, en hierdie Afrikaanse gemeenskap intussen ook nie begin groei het nie, sal ek ongelukkig die moeilike besluit moet oorweeg om hierdie groep te sluit.
Dit is egter my laaste uitweg, en ek bid en glo dat dit nooit nodig sal wees nie.
Ek glo opreg dat hierdie maand 'n keerpunt vir albei gemeenskappe gaan wees.
Want wat het 'n gemeenskap nodig?
Aktiwiteit.
Sodra meer Afrikaners hier begin deelneem, hulle stories vertel, vrae vra en mekaar ondersteun, gaan hierdie 'n besonderse plek word.
En ek weet dit begin by die leier.
Ek wil dus eerste die voorbeeld stel.
Ek sluit af met een van my gunsteling aanhalings:
"Afrikaners is plesierig, dit kan julle glo." 🇿🇦