Welkom aan ! Ons 11de lid in die gemeenskap! Die gemeenskap groei lekker en ons gaan met tyd al hoe meer vir ons lede begin aanbied. Ons is nog baie jonk, en ons aanvanklike doel is maar net om te kyk of ons meer as 44 lede kan kry 😄 (net ’n grappie natuurlik), maar ons kom daar!
Ek geniet dit wanneer nuwe lede hulself voorstel en wanneer almal lekker deelneem aan gesprekke in die groep. Dit gebeur nog nie baie nie, bloot omdat ons nog relatief klein is. Alhoewel… as 11 goeie vriende almal saam op een WhatsApp-groep kan wees en dit kan gons, dan glo ek ons kan ook 😄
Nietemin — maak jouself tuis en vertel ons gerus ’n bietjie meer van jouself. Waar kom jy vandaan, en wat is jou stokperdjies?