Baie dankie aan elkeen wat gisteraand ingeskakel het vir ons gesprek oor GEESTESGESONDHEID EN GEESTESONGESTELDHEID.
Wat ’n ongelooflike belangrike gesprek!
Ons het gepraat oor die feit dat geestelike en emosionele welstand nie net oor EEN ding gaan nie, maar oor ’n HOLISTIESE BENADERING tot genesing, herstel en ’n gesonder lewe.
Ons het gesels oor medikasie, die belangrikheid van slaap, oefening, gemeenskap, persoonlike ontwikkeling en natuurlik ook die GEESTELIKE DIMENSIE van ons welstand.
Maar alles begin by ‘n BESLUIT! 'n Besluit om "SELFLESS SELF-LOVE" toe te pas in alle areas van jou lewe. Om jouself lief te hê, nie uit selfsug nie, maar omdat jy besef dat jy verantwoordelikheid moet neem vir die lewe wat God aan jou toevertrou het!
Jy kan nie altyd kies wat met jou gebeur nie, maar jy kan begin kies hoe jy daarop reageer en watter stappe jy gaan neem om gesonder te word.
En dit bring my by iets besonders!
💥NOG NET 3 DAE TOT THE POWER OF PURPOSE!
🗓️Maandag 2 November begin ons 40 DAE OM TE ONTDEK WAAROM GOD JOU GESKAPE HET EN WAT JOU DOEL OP AARDE IS!
✝️Ek wil jou herinner aan Jesaja 61:3
“The garment of praise for the spirit of heaviness.”
Wat ’n ongelooflike belofte! God wil ons swaarmoedigheid met ’n kleed van lofprysing vervang!
Dink net hieroor. Vir 40 dae gaan ons elke oggend ons aandag doelbewus wegskuif van ons vrese, bekommernisse, onsekerhede en probleme, en dit rig op GOD, SY WOORD, SY BELOFTES EN SY DOEL MET ONS LEWENS! In ’n sekere sin gaan hierdie 40 dae ’n voortdurende oefening in LOFPRYSING wees!
Nie omdat ons probleme skielik verdwyn nie, maar omdat ons leer om ons lewens op iets GROTER as ons omstandighede te bou!
Ek glo hierdie 40 dae kan ’n ongelooflike verskil maak aan jou geestelike en emosionele welstand. Dit kan jou help om nuwe hoop, perspektief, dissipline en doelgerigtheid te ontwikkel. Dit is natuurlik nie ’n plaasvervanger vir medikasie, terapie of professionele behandeling waar dit nodig is nie. Dit is deel van die holistiese benadering waaroor ons gisteraand gepraat het.
MOENIE NOG 40 DAE DEUR DIE LEWE DRYF SONDER OM DOELBEWUS IN JOU GEESTELIKE GROEI TE BELÊ NIE!
Ons begin MAANDAG 2 NOVEMBER om 05:15!
✅40 dae se LIVE leringe!
✅Jou eie 40-dae werkboek!
✅Skrifgedeeltes, praktiese oefeninge en refleksie!
✅Opnames indien jy nie regstreeks kan inskakel nie!
✅Alles vir slegs $18 per maand (ongeveer R297)!
🔥WORD VANDAG NOG ’N PREMIUM-LID VAN THE RESTORATION CHAMBER!
En as jy gisteraand se gesprek oor geestesgesondheid misgeloop het, of dit weer wil kyk:
Onthou: Jy hoef nie te wag totdat alles in jou lewe reg is voordat jy die eerste tree na herstel en groei gee nie.
Die besluit om te begin, kan jy VANDAG neem!
Sien jou MAANDAGOGGEND!
Baie liefde en seën!
Hykie