Hallo my vriend,
Hoekom is jy bang?
Hoekom is jy bang om te "commit?"
As jy daardie nudging gehad het om deel te wees van die 40 Day Power of Purpose Journey, hoekom stel jy nog uit? As jy weet God trek aan jou hart, hoekom is jy bang om gehoorsaam te wees?
Waarvoor wag jy? Gaan jy wag vir nog 'n teken? Nog ’n Maandag? Nog ’n jaar wat verbygaan voordat jy besluit: "Ok nou is dit tyd. NOU gaan ek ernstig raak oor my verhouding met God?"
Die R297 ($18.00) is nie eers een aand se uiteet nie. En jy kan enige tyd kanselleer. As jy in Amerika is, kan jy dalk 3 koffies met daai geld koop.
Ons maak so maklik tyd en geld los vir dinge wat môre niks meer beteken nie. Maar wanneer dit by ons doel, ons groei en ons verhouding met God kom, sê ons: “Ek sal nog dink.”
Hoe lank gaan jy nog dink?
’n Mens het in ’n leeftyd van 70 jaar ongeveer 25 550 dae. Dink jy nie dis "WORTH IT" om 40 dae toegewy te wees en uit te vind HOEKOM jy hier op aarde geplaas is nie? Maar dis groter as dit. Bo en behalwe dat jy moet uitvind wat jou doel op aarde is, wil God Homself aan jou openbaar. Nie net as Koning en Here nie, maar ook as VRIEND!
Die Woord sê: “Friendship with God is reserved for those who reverence Him. With them ALONE He shares the secrets of His promises.”
Hy wil jou beste Vriend wees!!
Wil jy nie graag daardie geheime weet nie? Hy wil dinge met jou deel wat jy nog glad nie van Hom weet nie. Dinge wat die wêreld nie van Hom weet nie. Daar is ’n diepte in jou verhouding met Hom wat jy nog nie beleef het nie! Maar wanneer gaan jy tyd maak? Wanneer gaan jy die lyn in die sand trek en sê:
“GENOEG UITGESTEL. NOU SPANDEER EK TYD SAAM MET GOD!”
Hier is die punchline:
Die lewe is ’n struggle. Maar wat jy dalk nie weet nie, is dat die struggle, nes Jakob s’n, EINTLIK met God is! Ons wil God wees. Ons wil in beheer wees. Ons wil hê dinge moet op ONS manier, op ONS tyd en volgens ONS plan gebeur. En daar is GEEN manier wat jy daardie struggle gaan wen nie. Ons aanvaar ons menslikheid intellektueel, maar nie emosioneel nie. Wanneer ons met ons eie beperkinge gekonfronteer word, reageer ons met irritasie, woede en bitterheid. Ons wil altyd meer hê, of iets anders hê as wat ons het. Ons wil langer wees (of korter). Slimmer. Ryker. Mooier. Sterker. Meer talentvol. Meer populêr. Ons wil alles hê en alles doen, en ons raak upset wanneer dit nie gebeur nie.
Is jy nie moeg daarvoor nie? Moeg om alles te probeer beheer? Moeg om aan te hou stoei? Moeg om te weet iets moet verander, maar steeds dieselfde dinge te doen?
Hier is die realiteit:
“If you don’t surrender to Christ, you surrender to chaos.”
Daar kom ’n punt waar jy moet ophou onderhandel en begin oorgee. Waar jy sê: “Here, U is God. Ek is nie. Ek is reg om te luister. Ek is reg om U te leer ken.”
Hier is my waarborg aan jou: As jy by "The Restoration Chamber" aansluit en voel jy kry nie waarde vir jou geld nie nie, belowe ek jou ek betaal jou terug!.
'N WEN WEN SITUASIE-Of jy ontdek 'n skat, 'n avontuur, 'n roeping wat meer werd is as enige iets op hierdie aarde, of jy kry jou geld terug.
Sluit aan en registreer NOU.
NIE LATER VANDAG NIE.
NIE MÔRE NIE.
NOU.
[GRADEER OP NA PREMIUM HIER VIR DIE 40 DAY POWER OF PURPOSE JOURNEY]
Ons skop af op 2 NOVEMBER! Jy sal 'n epos ontvang met al die instruksies. AL WAT JY MOET DOEN IS DAAG NET OP.
Maak jouself gereed vir die "ride of your life." Ek glo dit met my hele hart: Geen mens wat God werklik leer ken, hoef ooit weer verveeld te wees met die lewe nie!
"It’s the greatest adventure of your life!" En dit wag vir JOU!
Moenie net hierdie boodskap ignoreer en aangaan asof niks in jou hart geroer het nie.
Trek die lyn. Neem die stap. Ek sien jou op 2 November.
BE READY!
Hykie