Wat was jou grootste deurbraak gedurende hierdie 21 dae?
Ek het myself gewys dat ek tot meer in staat is as wat ek gedink het. Ek het deurgedruk met die volgende
- Ek het die 21 dae challenge gedoen
- My kids reg gekry vir die kunswedstryd
- Dit was vakansie
- Mamma en vrou gewees
- begin met n gesonde eetplan (3.3kg verloor 🥳)
- Tenspyte van die challenge my ander videos ook gepost
Nie gedink ek gaan dit OOIT als kan doen nie....was dit maklik NEE, was dit die moeite werd ABSOLUUT!! Ek het geleer dat opgee nooit eintlik n opsie was nie.
Ek belowe aan myself om so aan te hou vir die volgende 90 dae en as ek ooit voel ek kan nie....sal ek al die posts hier kom lees om my woema te gee van almal af. Ek weet nou dat ek kan as ek my hart en kop op dit sit!! Van hier af kan dit net beter gaan.
Ek glo ook as een tree op n slag klink dalk klein maar tenminste beweeg ek...ek is defnitief nie waar ek n maand terug was nie.
Sterkte aan almal julle is wraggies AMAZING!!!