Wat was jou grootste deurbraak gedurende hierdie 21 dae?
My grootste deurbraak was om op te daag vir myself in die publiek en video te maak al het mense my aan gekyk het ek geen "overthinking" gehad nie want ek het geweet hoekom ek dit doen en vir wie ek dit doen..
Ek het myself bewys dat ek goed genoeg is en dat ek kan opdaag vir myself sonder verskonings....En dat verskonings my nerens bring nie en net STUCK hou in die kring wat ek is.....Ek het in hierdie 21 dae geleer dat ek kan opdaag maak nie saak wat na my kant toe kom nie en kan vir myself daar wees...
En gaan van vandag af vir myself daar wees...Ek gaan van vandag af myself anders sien want ek weet ek is tot meer in staat as wat ek geglo het vir so lank en die 21 dae het my geleer dat ek suksesvol kan wees deur eerlik te wees met myself en diep ondersoek te doen