Ek is vandag uit my vel uit - al voel ek nie lekker nie (sjoe die verkoue is in my lyf)
Ek het baie hard gewerk die afgelope 2 maande, elke dag opgedaag, sommige dae was baie moeilik agv werk en kinders ens. Maar ek was daar, my videos gemaak, opgedaag elke dag. Soms vir dae lank met 300 views en geen comments - en steeds het ek gedoen wat Hester se...OPGEDAAG!!
NOu kry my videos tussen 800 en 2000 views en comments op elke video. My tor val eintlik af party dae want ek kry so baie navrae ek hou nie by nie hahahah 😁 My een video het kompleet viral gegaan met oor die 49 000 views en meer as 300 comments.....WHAT?????
Ek is die Here so dankbaar. Nou bou ek vertroue met die mense op whatsapp en ek WEET hier kom groot dinge. Ek spreek dit!!!
Dankie Hester vir ALLES!!! Vir jou nagte van laat werk, jou oor wat altyd bereid is om te luister en jou ongelooflike passie vir ons almal. Dankie dat jy 'n stoel, 'n stoel noem en soms so reguit is en dit presies is wat ons nodig het. Ek waardeer jou ongelooflik baie. Van die begin af het ek geweet ek doen iets verkeerd, ek het geen vertroue met my followers nie....en jy met my mooi geleer om dit EERSTE op te bou. Mag die Here jou seën en jou besigheid ook.
Baie liefde
Chantel