Koffietyd met Ria ☕
🌿is nie net nog ’n plek waar jy net lees en aangaan soos 'n buitestaander nie…......maar deel word van 'n groep vroue wat omgee.
Dit is ’n plek waar ons:
🌿 weer begin groei, verhoudings en respek bou
🌿 weer asemhaal en waardig word, gesien en gehoor word
🌿 weer glo in jouself en waardig voel
🌿 en stadig vorentoe beweeg in Geloof, Hoop en Liefde vir God en medemens.
Maar ek wil dit sag sê… en eerlik 🤍
Groei gebeur nie net deur luister nie…dit gebeur wanneer jy begin deelneem.
Nie perfek nie, nie alles 100% beplan nie ,maar net….....begin.
Jy hoef nie groot stappe te vat nie. Klein beweging is genoeg 🌸
🌿 Deel wat jy leer, leer uit wat jy deel
🌿 Waardig genoeg voel sodat jy deel kan wees
🌿 Moedig iemand anders aan al voel jyself nie moedig nie
🌿 Daag op… selfs op moeilike dae sodat jy vreugde kan pluk
Hier is nie druk nie…maar daar is doel ☕
Ons bou nie net ’n gemeenskap nie…ons bou weer lewens — saam 🌿