Activity
Mon
Wed
Fri
Sun
Dec
Jan
Feb
Mar
Apr
May
Jun
Jul
Aug
Sep
Oct
Nov
What is this?
Less
More
2 contributions to Canva Creators Hub
MY AMAZON KDP-ERVARING TOT DUSVER!
In my eerste paar weke op Amazon KDP het ek al lekker rondgespeel, geëksperimenteer en verskillende dinge probeer. Ek leer nog elke dag, maar daar is reeds 'n paar dinge wat vir my uitstaan en wat ek graag met julle wil deel. Hier is wat ek tot dusver geleer het: 1. KDP Select is beslis iets om te ondersoek. Wanneer jy leesboeke publiseer, oorweeg dit om jou boek by KDP Select in te skryf. Dit gee jou toegang tot Kindle Unlimited, waar lesers jou boek kan lees en jy tantième kan verdien vir kwalifiserende bladsye wat gelees word. 2. Gebruik jou 5 gratis promosiedae! As jy op KDP Select ingeskryf is, kan jy jou e-boek vir tot 5 dae gratis beskikbaar stel gedurende elke 90-dae-inskrywingstydperk. Dit kan help om blootstelling en nuwe lesers te kry. 3. Moenie net op een boek staatmaak nie. Eksperimenteer met verskillende boeke, formate en idees. Jy weet nooit watter een uiteindelik die beste gaan presteer nie. En onthou, elke boek wat jy skep, is nog 'n geleentheid. 4. Doen jou niche-navorsing! Moenie net 'n boek skep omdat jy dink dit gaan verkoop nie. Kyk eers wat reeds op Amazon beskikbaar is. Is daar aanvraag? Hoeveel kompetisie is daar? Kan jy iets uniek aanbied? Probeer om nisse te vind wat nie reeds oorversadig is nie. My grootste les tot dusver? Moenie bang wees om te eksperimenteer nie. Jy gaan nie alles die eerste keer regkry nie, en jy gaan nie met elke boek 'n wenner hê nie. Maar elke poging leer jou iets nuuts. Ek is nog aan die begin van my Amazon KDP-journey, maar ek is opgewonde om te sien waarheen hierdie avontuur my gaan neem! En natuurlik gaan ek my resultate, suksesse én lesse met julle deel. ❤️ Onthou: Jy hoef nie alles te weet voordat jy begin nie. Jy moet bereid wees om te leer!
0 likes • 5d
kwalifiserende bladsye ? Wat beteken dit ? Wanneer ons deel is van die community beteken dit dat ons die VIP klasse kan bywoon sonder om te betaal ? Indien nie wat is die prys van die klasse. Bespreek jy KDP tydens die klasse ?
1 like • 4d
@Charmaine de Vos dankie
Eerste Sale
Middag julle almal. Charmaine ek wil vir jou dankie se ek het my eerste sale gekry agv 'n canva produk. Dit is so lekker gevoel.
1 like • 5d
Charleen, baie geluk ! Het jy jou produk op Amazone verkoop ?
1-2 of 2
Esmè Schronen
1
3 points to level up
@esme-schronen-8953
Afgetreede Apteker

Active 21h ago
Joined Oct 13, 2026
Pretoria