Genade-oomblikke
Hykie, destyds met my oorlede man se kanker diagnose het die Spesialis vir hom gesê na al die toetse : “Meneer, jy het 9 dae om te leef. Jy het Leukemie. Julle het nie tyd om te huil nie. Jy moet jou tyd gebruik om seker te maak jou sake is in orde. Wie wil jy groet? Wie moet kom? Is jou Testament in orde ?”. Net so !
Sonder waarskuwing. Sonder ‘n siekbed. Koud. Klinies. Daar is nie meer speeltyd nie. Onverwags. Seer. Vinnig. Onbeplan. Drome aan skerwe. Ons het toe pas 2 Besighede gekoop en deure oopgemaak. ‘n Verskriklike kanker journey na hul hom oorreed het vir chemo. Hy leef toe 109 dae en sterf wreed.
Ek vra so baie vir mense wat so ongedurig in hierdie lewe is – Wat sal jy anders doen as jy soos ons, ‘n werklike tyding van 9 dae ontvang? Wanneer jou lewe aan skerwe spat - waar is jou anker?
Dit laat ‘n mens anders kyk na jou lewe. Ek moes oor begin. Alles verander onherroeplik. Jy besef wat rerig saak maak. Jy kyk anders na jou “circle of influence”. Na hoe jy lewens impakteer en waar jy 'n verskil kan maak. Uitdagings maak seer, maar dit is hoe ons opstaan en opnuut herposisioneer juis omdat ons nog steeds hier is - vir 'n rede.
Mag elke dag, nie omdat ons ‘n doodstyding ontvang nie, maar omdat God genadig is … dae in Sy volheid wees. Mag elkeen van ons leer hoe om Sy doel voluit uit te leef. Ook in die dae van uitdagings en slegte tyding. Mag ons opnuut leer en bewus wees van Sy hand in ons oomblikke.
Dankie vir al julle insette agter die skerms om hierdie vir ons moontlik te maak en om ons opnuut te kom herinner aan SY amazing doel met ons.
Mooi dag! 👑
15
16 comments
Esmé Barkhuizen
3
Genade-oomblikke
The Restoration Chamber
skool.com/restorationchamber
A place to dream again. We motivate, inspire and help you find renewed hope and direction to discover your purpose and build a life that truly matters
Leaderboard (30-day)
Powered by