Na aanleiding van vanoggend se sessie: ons kan enige tyd en enige plek met die Here praat. Hy is ons beste vriend.
Met twee kleintjies en weke van amper geen slaap nie, het ons verlede naweek weggegaan. Ek het myself belowe ek gaan die oggendsessies bywoon. Toe raak my 4-jarige Vrydagaand siek. Niemand het geslaap nie, en ek het die sessie gemis.
Saterdag was daar ‘n familie se 10de verjaarsdagpartytjie, en ons het doodmoeg by die huis gekom. Ek het gedink: “Okay, Sondagoggend staan ek beslis vroeg op.” Maar daardie nag was my seuntjie erger as ooit. Dit was die slegste nag nog, en ek het niks meer krag en energie oorgehad nie.
Ek onthou ekt net my kop vasgehou en gesê (frustrated voice) : “Asseblief, Here.”
(niks van asb Here ek kort krag , of asb Here dit en dat , net asb Here)
Tien minute later het albei kinders vas aan die slaap geraak, en hulle het deurgeslaap tot die volgende oggend!
God ken jou hart! Hy weet wat jy nodig het , maar hy wil steeds n verhouding met jou hê. Hy wil he jy moet Hom vra vir hulp , Hom betrek by ELKE besluit en struggle!
Love you guys!💚