Wanneer jy lid van die "RekenWys Gemeenskap" is sal jy weekliks 'n lewendige klas op Teems hê, waartydens sekere aspekte van die CAPS leerplan vir jou spesifieke graad behandel word. Die klasse word opgeneem en dit sal dan ten alle tye beskikbaar wees. Tydens die sessies sal daar Q&A wees. Vrae kan ter enige tyd op die platform gevra word. dit sal dan ook op die platform beantwoord word. Vraag of vrae wat meeste in week gevra word sal dan in volgende sessie bespreek word, afhangende van wat in die toegelate tyd afgehandel kan word.
Jy sal gratis toegang hê tot jou Graad en al die laer Grade se opnames, op voorwaarde dat jy lid van die Community is vanaf Januarie 2027. Indien jy byvoorbeeld eers gedurende 2 de kwartaal aansluit, sal jy nie outomaties toegang tot die 1ste kwartaal se opnames hê nie. Teen 'n fooi kan jy wel toegang kry tot die vorige kwartaal of kwartale se opnames.