Waarop is ee trotsste van hierdie afgelope 21 dae?
Ek is die trotsste daarop dat ek nie opgegee het nie. Ek het elke dag opgedaag, al was ek soms bang of onseker. Ek het aangehou, en dit maak my trots op myself.
Wat het ek oor myself geleer wat ek nooit weer wil vergeet nie?
Ek het geleer dat ek sterker is as wat ek gedink het. Ek hoef nie perfek te wees om te begin nie. Ek moet net aanhou, in myself glo en op God vertrou.
Watter belofte maak ek vandag aan myself vir die volgende 90 dae?
Ek belowe aan myself dat ek sal aanhou opdaag, aanhou leer en nie sal opgee wanneer dinge moeilik raak nie. Ek gaan aanhou groei, aan myself glo en elke dag een stap nader aan my doel beweeg