My keuses bepaal my toekoms, nou, die jare wat voor my lê is beslis minder as dit wat ek reeds geleef het, maar dit keer my nie om weer te bou aan my nalatenskap nie. En hierdie keer...pak ek dit aan met jare se lewens ervaring en ek skrik vir geen mens meer nie. Die Here is my Herder en ek is nie skaam om dit te verkondig nie.