Ek het julle onlangs ‘n paar vrae gevra oor wat julle in julle digitale besigheid die meeste frustreer. Julle antwoorde was eerlik, en ek het dit raakgesien: 💬 Baie van julle kry views en belangstelling, maar die verkope kom nie. 💬 Party van julle doen soveel dat julle nie meer weet wat om volgende te verander nie. 💬 En party van julle het eerlik gesê julle begin wonder of julle goed genoeg is hiervoor. 🤍 Ek hoor julle. So ek het iets vir júl gemaak, as ‘n dankie vir julle tyd en eerlikheid: ‘n gratis quiz. ✨ 8 kort vrae ✨ Ongeveer 3 minute ✨ Jou resultaat dadelik ✨ Geen e-pos nodig nie ✨ Een praktiese ding wat jy self kan probeer Dit help jou sien watter area jy dalk eerste kan ondersoek: jou teikengehoor, jou boodskap, jou content en CTA, jou aanbod, vertroue en opvolg, of jou strategie. Dit is nie ‘n volledige diagnose van jou besigheid nie, en dit belowe nie verkope nie. Dit is net ‘n beginpunt, sodat jy nie meer hoef te raai nie. 👉 Doen die quiz hier: https://waarhaakditvas.netlify.app/ Kom deel gerus hieronder watter uitslag jy gekry het en of dit by jou ervaring pas. Ek lees elke antwoord. ❤️