Maar kom ek vra jou iets... Hoeveel daarvan was regtig jou wins? Jy betaal dalk elke maand vir 'n paar subscriptions, jou internet, data of 'n gedeelte van jou foonrekening. En omdat jy nie voorraad koop of advertensies betaal nie, dink jy dalk jou besigheid het nie regtig uitgawes nie. Maar hou jy rekord daarvan? En weet jy watter uitgawes besigheid is en watter persoonlik is? En wat van SARS? Hou jy iets eenkant, of dink jy eers daaraan wanneer belastingtyd aanbreek? DIS PRESIES WAAROOR ONS DINSDAG AAND GAAN GESELS! 💚 Ek bied 'n GRATIS, praktiese aanlyn werkswinkel aan vir almal wat in die online space besig is, of jy nou digitale produkte verkoop, affiliate marketing doen of jou eie digitale besigheid bou. ☕ WAT GAAN ONS SAAM DOEN? ✅ Verstaan die verskil tussen sales, kommissie en werklike wins. ✅ Kyk watter uitgawes jy in jou aanlyn besigheid moet dophou. ✅ Leer hoe om persoonlike en besigheidsgeld apart te hou. ✅ Gesels oor hoe om vooruit vir SARS te beplan. ✅ Leer hoe om jou geldsake eenvoudig te bestuur, sonder ingewikkelde accounting of Excel. EN DAN WIL EK VIR JULLE IETS WYS! 👀 Ek gaan 'n LIVE demonstrasie doen van Biz Snapshot SA — die app wat ek geskep het om jou te help verstaan wat met jou besigheid se geld gebeur. En omdat ek weet hoe duur al daardie maandelikse subscriptions kan raak, het ek dit anders gedoen. Eenmalige aankoop. GEEN maandelikse subscription nie! 📅 Dinsdag, 13 Oktober 🕗 20:00 SAST 💻 Aanlyn via Google Meet 🎟️ GRATIS! Ek bring my 23 jaar se ondervinding in accounting saam, maar moenie bekommerd wees nie. Jy gaan nie 'n boekhoukursus bywoon nie! 😅 Ons gaan prakties kyk na die syfers wat elke online besigheidseienaar behoort te verstaan. Want jy kan nie jou besigheid net op sales en kommissies bestuur nie. Jy moet weet wat werklik oorbly. ☕ Bring jou koffie, pen en papier. 👇 Sluit hier aan: https://meet.google.com/nnv-tqsm-fdx Ek sien jou Dinsdag aand! 💚