Activity
Mon
Wed
Fri
Sun
Dec
Jan
Feb
Mar
Apr
May
Jun
Jul
Aug
Sep
Oct
Nov
What is this?
Less
More
7 contributions to Magnetic by Faith
🥹🤍 MOENIE JOUSELF ONDERSKAT NIE!
Ek wil vandag iets met jou deel, veral as jy 'n digitale bemarker is wat soms aan jouself twyfel. Ek was ook daar. Ek het gedink ek sal nooit my eie produk kan skep nie. Ek is nie tegnies genoeg nie. Wie sal ooit iets koop wat EK geskep het? En vandag? 🥹 Ek het my heel eerste affiliate-kommissie aan een van MY affiliates uitbetaal! 🎉 Vir iemand anders dalk klein, maar vir my is dit GROOT! Nie oor die geld nie, maar oor wat dit beteken. Iets wat eens net 'n idee was, is vandag 'n produk wat mense koop, gebruik en met ander deel. 🤍 En die lekkerste gevoel? Ek kon vandag iemand anders betaal omdat hulle in my produk geglo het. DANKIE, VADER! 🙏 Ek deel dit nie om te spog nie, maar om JOU te bemoedig. Daardie ding wat jy dink jy nie kan doen nie? Dalk moet jy ophou om jouself uit dit te praat en net begin. Jy hoef nie alles te weet nie. Jy kan leer. Jy kan groei. Jy kan weer probeer. 📖 Filippense 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.” Moenie toelaat dat vrees jou keer om die gawes wat God jou gegee het, te gebruik nie. Hou aan bid. Hou aan leer. Hou aan opdaag. En moenie ophou glo nie. 🌿 Ek is steeds besig om te leer, maar vandag vier ek hierdie oorwinning! Alle eer aan God! 🤍🙏 En nou wil ek by jou hoor… Wat is EEN ding wat jy graag wil doen, maar nog te bang is om te probeer? 🤍
🥹🤍 MOENIE JOUSELF ONDERSKAT NIE!
4 likes • Oct 12
@Jacqueline Rudder excellent
Dames, ek wil gou iets by julle hoor. ❤️
Ek werk aan 'n gratis hulpmiddel vir die vrou wat haar digitale besigheid probeer groei, maar sukkel om verkope te maak. Ek wil nie vir julle nóg iets gee wat net op julle fone lê en stof vergader nie. 😅 Wat sal jou op hierdie stadium die meeste help? A — Wys my hoe om een van my bestaande posts te verbeter. B — Help my uitvind of ek met die regte mense praat. C — Help my besluit wat ek eerste in my besigheid moet verander. D — Help my verstaan hoekom mense belangstel, maar nie koop nie. Tik net jou letter hieronder. Ek wil iets maak wat julle regtig gaan gebruik.
0 likes • Oct 12
C,D
🌿 MAANDAG… 'N NUWE WEEK, 'N NUWE KANS 🤍
Goeiemôre, mooi dames! ☕🤍 Ek wil jou vanoggend net iets vra… Wat as jy hierdie week ophou fokus op alles wat nog nie gebeur het nie, en begin fokus op wat jy WEL vandag kan doen? Ons raak so maklik vasgevang in wat ons nog nie bereik het nie. Die doelwitte wat nog ver voel. Die gebede waarop ons nog wag. Die dinge wat nie volgens plan uitwerk nie. En voor ons ons oë uitvee, vergeet ons hoe ver ons eintlik al gekom het. 🤍 Miskien gaan hierdie week nie oor om meer te doen nie. Miskien gaan dit oor om meer te vertrou, minder te vergelyk en getrou te wees met dit wat vandag voor jou lê. 📖 Galasiërs 6:9 “Laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons die oes insamel as ons nie tou opgooi nie.” Jy hoef nie hierdie week alles reg te kry nie. Maar moenie ophou opdaag nie. Moenie ophou glo nie. En moenie die klein treetjies onderskat nie. God sien ook jou getrouheid in die klein dinge. 🌿 So kom ons begin hierdie Maandag met 'n ander mindset. Nie: “Ek is nog nie waar ek wil wees nie.” Maar: “Ek is dankbaar vir hoe ver ek gekom het, en ek gaan aanhou groei.” 🤍 Mag julle 'n mooi, geseënde week hê! Liefde, Jackie 🤍
1 like • Oct 12
🙌 @Jacqueline Rudder
🥹🤍 200 MEMBERS! DANKIE, VADER!
Ek sit vandag met so 'n dankbare hart. 200 mense in Magnetic by Faith! 🤍 Vir party is dit dalk net 'n nommer, maar vir my is dit 200 mense met hulle eie stories, drome, uitdagings en gebede. En ek wil net vir elkeen van julle DANKIE sê. My hart met hierdie community was nog nooit net om getalle te bou nie. My hart is om MENSE te help. 🤍 Om 'n plek te skep waar ons saam kan groei in ons geloof, ons mindset en ons besighede. Waar jy kan kom soos jy is. Waar jy nie alles hoef uitgefigure te hê nie. Waar ons mekaar opbou eerder as om met mekaar te vergelyk. Ek weet hoe dit voel om aan jouself te twyfel. Om te wonder of jy goed genoeg is. En dis hoekom ek wil hê jy moet weet: Jy het waarde. Jou storie maak saak. En jy het iets om te bied wat niemand anders presies soos jy kan doen nie. 🌿 Ek het nie al die antwoorde nie. Ek leer ook nog elke dag. Maar wat ek leer, wil ek met julle deel. As hierdie community net een persoon help om weer moed te kry, nader aan God te groei of die volgende tree te gee, dan beteken dit vir my alles. Dankie dat jy deel is van hierdie pad. En bo alles, dankie Vader vir elke persoon wat U hierheen gebring het. 🙏 200 members. 200 stories. En soveel rede om dankbaar te wees. 🥹🤍 Met liefde, Jackie 🤍
0 likes • Oct 12
@Jacqueline Rudder dit is wonderlik
Ek weet daar is baie digital marketers hier binne ons community, so hierdie een is spesiaal vir julle. 👇
Kom ons wees eerlik… Om die content te maak is een ding. Maar wat gebeur nadat iemand comment, vra vir meer info of belangstelling wys? Jy moet reply. Jy moet WhatsApps stuur. Jy moet opvolg. Jy moet leads nurture. Jy moet onthou wie jy wanneer gekontak het. En intussen moet jy môre weer content maak. 😅 En as een van jou posts skielik baie traction kry? Dis lekker… totdat daar honderde comments en messages inkom en jy eenvoudig nie by almal uitkom nie. Party messages beland in spam. Party mense glip deur die krake. En soms sien jy eers maande later iemand het gevra vir meer info. Dit kan letterlik ’n potensiële sale wees wat jy gemis het. Môreaand hou ons ’n GRATIS webinar oor hoe jy baie van hierdie prosesse in jou online business kan AUTOMATE. Ons gaan kyk na dinge soos: • WhatsApp automation • Lead nurturing & follow-ups • Content creation • Hoe om jou systems beter saam te laat werk • En hoe jy baie van die klein subscriptions wat hier en daar ophoop, moontlik kan vervang deur meer op een plek te doen. En iets wat ek dink baie van julle ook interessant gaan vind: Daar is ook ’n affiliate opportunity gekoppel aan die program. Ek glo regtig hierdie is een wat elke digital marketer ten minste moet kom kyk — veral as jy voel jy spandeer te veel tyd op admin en opvolg, terwyl jy eintlik jou besigheid probeer bou. Die webinar is heeltemal GRATIS. Comment LINK hier onder as jy die link wil hê om te join
0 likes • Oct 5
Link
1-7 of 7
Jacky Hansen
2
14 points to level up
@jacky-hansen-7659
I'm a wife and mother of 2 on a journey to rediscover my purpose. I'm passionate about family. They are my purpose. So Purpose starts here!

Active 6h ago
Joined Aug 9, 2026
Windhoek