Fiks saam met Himne
Private
2 members
Free
Ek het 30 kg verloor, maar die pad daarheen was nie maklik nie.
Ná twee keisersneeë, ’n moeilike swangerskap en medikasie wat my gewig laat optel het, het ek alles probeer. Planne, pille en shakes. Elke keer wat ek misluk het, het ek meer soos ’n mislukking gevoel. Ek het geweet ek het iets nodig wat bekostigbaar, volhoubaar en van die huis af moontlik is. Deur trial en error het ek geleer om gesonder te eet en te oefen op ’n manier wat vir my werk.
Vandag is ek gesond, sterk en voel ek goed in my eie vel.
Dit is my hart vir Fiks Saam met Himne: om vroue te leer hoe om gesond en fiks te word sonder om ure te oefen of duisende rande te spandeer.
Met die regte plan, 30 minute per dag en ondersteuning hoef jy nie alleen te stap nie.
Ek wil jou help om ’n basis te bou wat jy kan volhou.
Dit gaan oor meer as gewig verloor. Dit gaan oor gesondheid, krag en selfvertroue.
Dit het tyd gevat, maar elke dag bring jou nader aan jou doelwitte. Moenie opgee nie.
powered by
Fiks saam met Himne
skool.com/fiks-saam-met-himne-5067
30 min "live" oefensessies elke weeksdag vir vrouens met gesonde leefstyl, eetplan en gemeenskap.